Riseingsouthernstar-Africa Link Banner

Sunday, 12 May 2013











In terme van die Internasionale Reg het alle volke op aarde, dus ook Die Boere-Afrikaner, die reg tot selfbeskikking. Een relevante regsbron in hierdie opsig, is die Internasionale Verdrag van 1966 wat die Verenigde Nasies aangeneem het getitel: “International Covenant on Civil and Political Rights.” Alle lidstate van die VN wat hierdie Verdrag onderteken het (ook die RSA) is juridies verplig om die bepalings van hierdie verdrag na te kom. Artikel 1 van hierdie verdrag lui as volg:
“All peoples have the right of self-determination. By virtue of that right, they freely determine their political status and freely pursue their economic, social and cultural development.” (“Alle volke het die reg tot selfbeskikking. Op grond van hierdie reg, bepaal volke vrylik hulle politieke status en bevorder vrylik hulle ekonomiese, sosiale en kulturele ontwikkeling”).

 

Die huidige Grondwet van Suid-Afrika, erken ook die reg tot selfbeskikking op volksbasis. Daarom lui Artikel 235 van die Grondwet dat ‘n taal- en kultuurgemeenskap wat graag wil, selfbeskikking in ‘n eie gebied kan opneem, mits dit op amptelike vlak, in samehang met die Regering, aangepak word.
Die Internasionale Reg aanvaar verder dat al die lede van ‘n volk nie noodwendig daarna streef om oor hulself te regeer nie. Daarom kan selfbeskikking ook geëis word deur slegs ‘n gedeelte van ‘n volk. Indien ‘n volk se reg tot selfbeskikking geskend word en die volk, of slegs ‘n deel daarvan, wil daardie reg laat herstel, is daar vasgestelde regs-prosedures wat deur sodanige groep gevolg moet word – net soos met enige ander reg wat geskend word.

 

Alhoewel dit ‘n bekende feit is dat daar vele volksgenote is wat graag onafhanklik wil wees, was dit tot onlangs  nog feitlik onmoontlik om te bepaal wie daardie volksgenote is en hoeveel sodaniges in getal uitmaak.  Daar was ook geen liggaam met ‘n behoorlike mandaat om namens hierdie volksgenote hulle reg tot selfbeskikking op te eis nie.
Ten aansien van bogenoemde probleem is die  Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK) gedurende Augustus 2007 na ‘n amptelike Volksvergadering, in die lewe geroep. Die uitsluitlike doel van die VVK was om ‘n onafhanklike verkiesing te reël waartydens volksgenote wat soewereine selfbeskikking verlang, hul eie verteenwoordigende liggaam (Volksraad) kon kies wat sodanige proses, per berhoorlike volksmandaat, namens hulle sal kan hanteer.

 

Hierdie verkiesing het landwyd plaasgevind by nagenoeg 150 amptelike stempunte op die 24ste September 2011. Tydens stemdag was 34  532 mense deel van die amptelike kieserslys van die Boere-Afrikaner Volk. By wyse van die ondertekening van die aansoekvorm om as kieser op die kieserslys geregistreer te word, het hierdie persone hulself onomwonde as deel van die Boere-Afrikaner Volk verklaar, en as sodanig ‘n amptelike mandaat aan die Volksraad wat verkies sou word gegee  ten einde namens hulle, hul reg tot soewereine volksvryheid te gaan opneem. ‘n Volksraad van nege lede wat al vier die ou Suid Afrikaanse provinsies verteenwoordig is te midde van groot opgewondenheid verkies. Die Volksraad se ampstermyn strek oor drie jaar waartydens ernstig gepoog sal word om die kiesers se amptelike mandaat ten opsigte van Volksvryheid, uit te voer.  Die amptelike kiesersrol bly oop vir enige persoon, wat homself vereenselwig met die vryheidsideale van die Boere-Afrikaner, om ook as kieser te registreer.
Die Boere-Afrikanervolksraad se amptelike mandaat het ten doel om namens die steeds groeiende getal kiesers, territoriale selfbeskikking op te neem in ‘n eie soewereine Vaderland, weg van alle vreemde dwingelandy, slegs onder die genadige hand van ons Almagtige Vader, Allerhoogste Skepper van hemel en aarde.

 

    


Die Volksraad 

Andries Breytenbach (Voorsitter)
Abel Malan (Onder-voorsitter)
Henk van de Graaf (Sekretaris)
Ben Geldenhuys  (Finansies)
Sakkie van der Merwe
Steyn van Ronge
Franz Jooste
Tiaan Theron
Ettiene le Roux


 

No comments:

Post a Comment