Riseingsouthernstar-Africa Link Banner

Thursday, 09 May 2013

VIDEOS OF SIENER VAN RENSBURG





WEDER- GEBOORTE VAN DIE BOEREVOLK

WEDER- GEBOORTE VAN DIE BOEREVOLK

Friday, 15 February 2013 11:08 | Written by /Geplaas deur Webmeester 

Siener van Rensburg se visioene
Adv PJ Pretorius
"Hulle [Amerikaners] is baie doelbewus en hulle spioene is oral. Daar is baie mense in die land wat beweer dat hulle groot nasionaliste (regs) is maar hulle is dit nie. So sal dit ook in die polisiediens wees – (dit het ons pas weer met die onthulling van die Boeremagsaak gesien, hoe dat die polisie en militêre intelligensie agter die hele saak gesit het). Wanneer hulle klaar is, sal hulle ook die swartes en gekleurdes uitnooi en aanhits om deel te neem aan die opstand wat hulle dan sal begin. Dit sal 'n rewolusie wees en ons vrouens en kinders sal in die grootste gevaar verkeer."
Daar is genoegsame bewys dat Siener van Rensburg inderdaad oor 'n vermoë beskik het om in die toekoms te sien. Daar is ook by kere deur bekende generaals van sy intuïsie of insig oor toekomstige gebeure gebruik gemaak om die Engelse leer te uitoorlê. Meer onlangse gebeure soos die totstandkoming van die Republiek van Suid Afrika, die opkoms en die verval van Kommunisme, die burgeroorlog in Bosnië, die koms van 'n swart meerderheidsregering in Suid-Afrika, die moord op dr. Verwoerd, die kernontploffing by Chernobyl,  Kodesa, die val van die Berlynse Skandmuur, Hitler se 'Blitzkrieg' en die Eerste- en die Tweede Wêreldoorlog is bewyse van Siener se vermoëns.
Om te sê dat Siener van Rensburg met sy voorspellings vergesog is, is ongegrond. In soverre dit die akkuraatheid van Siener se voorspellings betref, kan ons meld dat daar 'n korrelasie bestaan tussen dit wat hy voorspel het gaan gebeur en dit wat inderdaad gebeur het. Histories beskou blyk dit dat die regte omstandighede soos Siener van Rensburg dit voorspel het nog nie werklik gerealiseer het nie. Derhalwe is dit duidelik dat die Siener  tot nou toe nie altyd deur sy kritici reg verstaan is nie.
Hierdie artikel is 'n poging om beter  perspektief te gee aan die omstandighede soos die Siener voorspel het waaronder ook die verwagte staatsgreep sal realiseer. In dié verband sal ons nie alleen sien dat die Duitsers 'n betekenisvolle rol gaan speel in die verwagte staatsgreep nie, maar ook dat 'n neo-Nazi-staatsgreep in Duitsland die staatsgreep hier vooraf moet gaan. Siener se voorspellings betreffende die verwesenliking van 'n nuwe Boererepubliek met Duitse militêre hulp kom in die kollig net voor of gedurende 'n groot wêreldoorlog.
Siener van Rensburg se voorliefde vir die Boerevolk het hom in hierdie land se geskiedenis sedert die Tweede Vryheidsoorlog een van die groot geeste van sy tyd gemaak.  Ons het gesien dat die Siener se voorspellings vir die totstandkoming van 'n nuwe Boererepubliek met Duitse hulp, sy naam sedert 1914 in die Suid-Afrikaanse geskiedenis lewendig gehou het. Ons verwys hier na drie belangrike gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat saamval met groot wêreldoorloë:
  1. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog was dit die Rebellie van 1914;
  2. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was dit die Ossewatrek van 1938;
  3. Gedurende die komende Derde Wêreldoorlog sal dit die verset teen die huidige politieke oorgangsproses (veral vanaf 2 Februarie 1990 wees.)
Elke keer het die teenwigte van die Boerevolk tydens hierdie oorloë en/of die komende oorlog dit bewerk dat Siener van Rensburg se voorspellings nie bewaarheid word nie en is die Siener se geloofwaardigheid elke keer aangetas.  Die Siener se goeie naam het ook in die slag gebly omrede die omstandighede vir die vervulling van voorspellings nie altyd deur die vertolkers reg geïnterpreteer word nie.
Beoordeel teen die agtergrond van die instelling van 'n Swart regering in Suid-Afrika, verhoog dit die waarskynlikheid dat die omstandighede immers gunstig is dat die tyd vir die verwagte staatsgreep deur die Boerevolk aangebreek het. Hierdie staatsgreep sal as gebeurtenis voortspruit uit die komende Derde Wêreldoorlog. Ek sien daar kom 'n tyd dat die hele wêreld omgeploeg is (dis die uitbreek van die Derde Wêreldoorlog, en dinge is baie deurmekaar). Dan sien ek oor die omgeploegde land lê 'n slang. Ek sien nie sy kop of stert nie (niemand sal presies weet waar hierdie oorlog begin het of waar dit gaan eindig nie. In die kerk sal dinge ook baie deurmekaar wees.
Die aanloop tot die Derde Wêreldoorlog en wedergeboorte van die Boerevolk
Siener  van Rensburg het op 12 Maart 1917 'n visioen gehad waarin vir hom gesê is dat Suid-Afrika eendag 'n swart regering sal hê, maar dat dit van korte duur sal wees. Volgens 'n artikel in 'n bylae van Keur & Fyngoud van 1949-1950 meld die skrywer dat die aanloop tot die Derde Wêreldoorlog juis vroeg in die negentigerjare hier in Suid-Afrika sal begin wanneer die finale stryd vir die Boerevolk se behoud losbars – natuurlik moet ons nie datums aan gebeure koppel nie, sleg God ken die tye, maar Hy gee ons die tekens om te mag lees. So, sê Siener, sal ons sien die Heer se weë is nie ons s'n nie.  Ons sal aan die bewind kom, want ek sien 'n Boere-velskoen (Boereregering). Ek sien 'n grasdakhuis (Boere-kabinet).
Siener van Rensburg het gesê: Voordat ons 'n Boererepubliek gaan kry, wag daar 'n bitter tyd op ons. In 1914 met die Rebellie, het ons (die Boere wat hulle nie met die Regeringsbeleid kon vereenselwig nie) deur 'n sif gegaan. Dié keer gaan ons deur 'n smeltkroes. Ek het toe ook vir julle gesê ek sien die tyd is donker, want as ek op my perd sit, kan ek nie sy maanhare sien nie, maar in die moeilike tyd wat kom, sal dit so donker wees dat ek nie my hand voor my oë kan sien nie. Maar vir ons wat weet, sal dit nie so 'n donker tyd wees nie.
Siener het reeds in 1916 aan Boy Mussmann gesê: Daar kom 'n tyd dat ek weer baie in die nuus sal wees. In daardie tyd sien ek baklei ons nog onder mekaar, toe is als meteens verby, en sit ons met 'n swart regering. Dan eers begin die Afrikaner se laaste, maar ook sy felste stryd.
Gedurende die donker tyd sal drastiese hervorminge die land as ware omploeg, wie Baas was, is nou Klaas.  Hierdie drastiese veranderinge het reeds plaasgevind. Siener voorspel dat daar bitter moeilike tye van armoede en ellende op die Boerevolk wag — hul sal van brood en water moet lewe –  en dit is wat gebeur het; op die oomblik is die armoede onder die Boere Afrikaner groot. Daar is baie mense wat byna letterlik van brood en water lewe; ons sien meer blanke bedelaars op straat as ooit tevore.
Die Boere is mismoedig. Boere loop in en uit hul huise. Hul hoede hang in hul oë en hul koppe hang laag Hulle is baie moedeloos. Ek sien kolle op hulle oë  wat soos pêrels lyk (hulle word verblind en kan nie sien wat werklik besig is om rondom hulle te gebeur nie). Dan sien ek Hosea 4:6 voor my verskyn.
Maar die Boerevolk se swaarkrydae sal ook die begin wees van die swartman (van Afrika) se finale ondergang - 'n klein kaffer tjie kom uit ... en net sy kop steek uit. Indien die swartman ons slegs vir 'n kort tydjie gaan regeer en die Boerevolk se swaarkry onder die swart regering die begin van die swartman se ondergang sal wees, kan die uitkoms nie meer baie ver in die toekoms wees nie.
Dinge sal ook eers verander wanneer die volk se geloof en vertroue in God herstel word. Dit sal in daardie tyd wees dat die Boerevolk met sy rug teen die muur veg en dit sal lyk of daar geen hoop meer vir hom is nie. Die Afrikanervolk gaan weer gesuiwer word, niks kan ons nou meer stuit nie. En hoewel die verraad en broedertwis verskriklik onder ons mense is, sien ek dat ons nogtans voortworstel op die pad wat God vir ons bepaal het. As deel van die suiweringsproses sien die Siener:  Alle verborge en twyfelagtige bedrywighede in Suid-Afrika sal stelselmatig omgekeer word. Korrupsie en kullery, leuens en geheime van alle politieke partye en privaat instansies word genadeloos opgegrawe en openbaar. Hierdie dinge is reeds besig om te gebeur (Volksverraad) So 'n suiwering impliseer dat die ongewenste elemente onder die Boerevolk uitgehaal sal moet word. Deur al die dekades is die Boerevolk herhaalde kere in die rug gesteek deur verraaiers in sy midde. Daar kan geen hoop op vrede wees tensy hierdie verraaiers finaal verwyder is nie.
*Siener vermaan die Boerevolk dat hy sy heil nie by die Verenigde Nasies (die Illuminati) moet  soek nie, maar by die Hoër Hand. Hierdie smeltkoers waarvan oom Nicolaas gepraat het, sal die einde van neutrale onbetrokkenheid wees. Elke Suid-Afrikaner en Boer sal gedwing word om te kies vir die saak van God, of broederskap met sy vyande.
*"In 'n smeltkoers," skryf mev. S.S. Meiring vroeër van Lichtenburg, "word die goud en dooie klip of erts van mekaar geskei terwyl die suiweringsproses of loutering plaasvind. En as jy eers eenmaal die goud  uit die klip gehaal het, kan jy dit nie weer daarin terugsit nie. Daarom sal die smeltkoers waarvan oom Siener gepraat het, 'n eenmalige proses wees en kan dit nie weer herhaal word nie. Die dag wanneer dit verby is en die getroue Afrikaner van die Jingo, Engelsman en sy swart vyande geskei is,  sal hulle tot in der ewigheid nie weer saamgevoeg kan word nie."
Die Siener het ook voorspel dat die Nasionale Party (met sy politieke foefies die Vryheidsfront en die Konserwatiewe Party sal verbrokkel en verdwyn – dit het ook reeds gebeur.
Die Boere verlaat die kerk en soek sy heil in die Hoër Hand.  Tog keer hulle nie hulle rug op God  nie, want die Siener het inderdaad op 16 Maart 1914 'n gesig gesien waarin die Boerenasie weer op God sal vertrou. Dan kom daar 'n tyd wat die volk weer op sy knieë in verootmoediging voor God sal gaan staan — politieke en ander geskille word vergeet omdat dit nie meer saakmaak nie. In die aangesig van die vernietigende aanslag op die Afrikaner keer hy terug na God aan wie hy 'n Gelofte afgelê  het en nou bid hy dat sy son nie moet ondergaan nie.
Die volk is in rou. Hy weet dat daar binnekort 'n smeltkroes op hom wag en hy weet dat hy nie sonder sy God daardeur sal kan gaan nie. Dit dwing hom op sy kneë in 'n hulpgeroep dat sy son nie moet ondergaan nie.
Die egte Boere rnaak vordering.  Dit gaan moeilik maar die Boere bereik hulle doel.  Die Boerevolk word weer gebore.
'n Afrikaner in Europa dra gedurende die donker tyd ons volk se belange op die hart. Hierdie donker tyd sal saamval met 'n instroming van swartes uit Oos-Afrika en die grootste staking in die land – ons is tans goed oppad daarheen. Die Siener voorspel: Vreemdelinge (wilde makoue) uit Oos-Afrika stroom nou die land binne en oral waar hulle gaan, is daar geweld en bloedvergieting (trek in dieselfde rigting wat dit brand.) Maar eers hierna begin die moeilikheid met die swartes en Kommuniste in Suid-Afrika (kom 'n ry kafferassegaaie uit en gaan groot en klein rooi beeste uit). Dit beteken dat die swartes hulleself gereed sal maak vir 'n oorlog teen die Boere-Afrikanervolk (spanne swart osse word ingespan) – en dit is ook reeds gedoen, die ANC het duisende swartes gewerf, hulle word 'n maandelikse salaris betaal en het reeds uniforms, gewere en opleiding ontvang. Daar word planne in die geheim gemaak om die Boerevolk te vernietig. Intussen bewapen hulle hulself met die hulp van die Kommuniste.
Ons gevare is groot, ons vyande legio en sterk en ryk. Hulle gebruik ons land se rykdomme teen ons. Hulle hits die koelies en basters en swartes teen ons aan. Selfs 'n deel van die polisie en die leër gaan teen ons veg om ons te probeer onder bring. Alles (in die VSA) word in die geheim vooraf gereël  tussen daardie regering en die leiers hier, om op 'n gegewe tyd en moment, hulle troepe hierheen te stuur om hulle hier te help teen ons. Hulle sit lank voor die tyd daar klaar en wag om op te tree teen die Boere en sy regering. Hier kom 'n revolusie en baie van ons sal deur hulle doodgemaak word. Ons sal onsself teen hulle moet verdedig en al wat 'n Afrikaner is, sal moet bymekaarstaan om onsself van ondergang te red. Hulle sal in die geheim klaarmaak om weer die baasskap met opstand en geweld in die hande te kry. Daarom dan dat die [Amerikaanse] los troepe in die geheim na ons hawens kom om hulle te help teen ons. Ons leërs sal in twee breek. Ons mense sal van hulle uitgaan, maar hulle sal met alles bly sit. Hulle [Amerikaners] is baie doelbewus en hulle spioene is oral. Daar is baie mense in die land wat beweer dat hulle groot nasionaliste (regs) is maar hulle is dit nie. So sal dit ook in die polisiediens wees – (dit het ons pas weer met die onthulling van die Boeremagsaak gesien, hoe dat die polisie en militêre intelligensie agter die hele saak gesit het). Ons vyande sal baie versigtig in die geheim vergaderings hou, ook wapens en ammunisie van (die VSA en ander lande ) heimlik invoer, en oral by hulle geheime vergader- en opslagplekke wegsteek. Wanneer hulle klaar is, sal hulle ook die swartes en gekleurdes uitnooi en aanhits om deel te neem aan die opstand wat hulle dan sal begin. Dit sal 'n rewolusie wees en ons vrouens en kinders sal in die grootste gevaar verkeer.
Die lughawebasis in Gaberone in Botswana is onlangs vergroot. Daar is gereed gemaak vir oorlog. Teen hierdie tyd is dit ook algemeen bekend dat die Amerikaners 'n verskuilde agenda het wat die Boerevolk betref. Hulle gee voor en het nog altyd voorgegee dat hulle ons vriende is en ons belange op die hart dra, maar dit is van alle waarheid ontbloot. In hierdie geval dien hulle slegs hulle eie belange. Hulle ontsaglike staatskuld noop hulle om elders inkomste te gaan soek. Die maklikste teiken is Suid-Afrika met sy verdeeldheid, onmin en geweld.
Ook die Kommuniste sal gereedmaak om die Blanke Afrikaner te vernietig. Hulle kry 'n hupstoot wanneer Rooi Sjina ook hulself hier in nywerhede kom vestig – daar is verskeie aanduidings dat sulke nywerheidsvestigings plaasgevind het, veral aan die Rand.
Vervolgens voorspel Siener:  Dan sal daar (wanneer die stakings begin) groot moeilikheid wees met die kaffers en die koelies. Behalwe ook vir die moeilikhede oorsee (rassekonflik en burgeroorlog). In verband met die kaffermoeilikheid het ek gesien die vroue vlug. Hul het nie eens tyd om hul venters toe te maak nie. Die gordyne waai na buite. Onluste en bloedvergieting sal in daardie tyd veral in Johannesburg (Oos-Rand) aan die orde van die dag wees.
Terselfdertyd sal daar Engelse wees wat hulle met die Afrikaner se saakvereenselwig. Talle Engelssprekendes veral mense wat jare gelede uit die destydse Rhodesië gevlug het, vereenselwig hulle nou met die Boerevolk se stryd om vryheid. Diesulkes sal vas bly staan, maar daardie wat teen die Boerevolk is, sal uiteindelik beangs op vlug slaan. Alhoewel dit vir ons baie donker gaan word, sal ons vyande nie daarin slaag om ons geheel en al ten gronde te rig nie. Alle moontlike en verdagte leëroffisiere word gevang en vervang met jingoes. - Dit is algemeen bekend dat konserwatiewe Afrikaners in die leër, asook in die polisie vervang is met persone wat die swartes en swart regering goedgesind is. Ons het reeds met hierdie meelopers te doen gekry.
Daar vind iets plaas waarmee hulle nie rekening gehou het nie, en dit bring 'n einde aan hulle heerskappy en bedrywighede vir goed ('n Staatsgreep in Duitsland en 'n burgeroorlog in Rusland  - wat later behandel word).
Koelies uit Indië (saam met Amerikaners) kom  val ons hier aan in die Unie, maar na 'n lang gespook gaan hulle hier weg. Alhoewel hulle deur die Duitsland gewaarsku is om dit nie te doen nie, kom hulle tog per vloot met groot magte hierheen om ons aan te val. Die [Duitse] vloot keer hulle naby Durban voor, bombardeer hulle en jaag hulle terug Indië toe.
Sommiges sien die Indiërs nie as 'n besonder groot gevaar nie, maar dis die Indiërs wat in beheer van veral  die swart vakbonde is.  In Indië ruk die bevolking handuit en Suid-Afrika met sy baie kos en minerale is vir die Indiërs 'n groot prys om in die hande te kry.
Hierdie tyd sal saamval met die uitbreek van die Derde Wêreldoorlog. Daar sal aanvanklik onrus en opstande in Oos-Europa wees.  Die baie rook dui op verwarring en rewolusie. Die vuur wat aftrek na die suidweste beteken dat onluste in daardie rigting sal uitbrei. In die suidweste van Europa, Hongarye, Roemenië, Joegië,  Slowakye en Bulgarye. Nog verder suid is Griekeland. Die onluste sal dus moontlik ook na daardie wêrrelddeel uitbrei. In die Noorde van Europa lê die welvarende lande soos Noorweë, Finland, Swede en Denemarke. Die groot dam vol water (finansiële voorspoed) droog egter op en hulle sal nie meer in 'n posisie wees om hulp aan die arm lande waaronder Afrika, te verleen nie. Dit dui ook op droogtes en moontlik sal haglike ekonomiese toestande en hongersnood (in Europa) die oorsaak van die opstande wees.  Let op dat die Siener aan Boy Mussmann gesê het hy sien 'n dik muur (sensuur) en agter die muur brand die vuur hewig. Die waarheid sal van ons weerhou word.
Duitse ingryping in Suidelike Afrika

GEBED OM HEILIGMAKING

GEBED OM HEILIGMAKING
Vader, namate ek in heiligmaking toeneem, beween ek my onheiligheid. Kon ek maar vlekkeloos geleef het! Desnieteenstaande pleit ek dat U my sal help om te midde van my volk wat die duiwel ‘n vatkans gegee, ontspoor en die heidendom omhels het, afgesonderd vir U te leef. Sit my elke dag so opsy dat mense my toewyding aan U sal bejeen en hulleself ook sal afsonder.

Gebruik die tien ploegosse van U wet om die braakland van my lewe om te ploeg. Help my om elke sonde daarin te ontwortel sodat ek die vrug wat by die bekering pas, kan oplewer. Laat die werking van die Heilige Gees die bodem van my lewe soos ‘n maling in ‘n waterpoel versteur sodat die opgejaagde modder van my sondes my aan my geestelike ontoereikenheid kan herinner en tot groot geestelike hoogtes aanspoor.
Leer my dat ware geluk nie sonder heiligheid gevind kan word nie en dat ek geen groter vreugde in die lewe kan smaak as om afgesonderd vir U te leef nie.  Gee dat ek sonde sal haat omdat dit die dood bring en net so min daarmee sal speel soos ‘n kind wat met vuur gespeel en seergekry het. Laat riviere van rein water die sondebesoedelde paaie van my gedagtewêreld skoonmaak en heiligheid ‘n sierlike kroon op my hoof  wees.
Here, verhoed dat ek op my eie deugde sal roem asof dit uitsluitlik deur eie toedoen bekom is. U Woord sê dat alle goeie dinge niks anders as genadegeskenke uit U vaderhand is nie. Gee dat ek derhalwe eerder nader aan U sal beweeg, hoe onwaardiger ek myself bevind. Laat my nie wag dat heiligmaking na my toe te kom nie, maar dat ek dit eerder vasberade sal najaag.
Gee dat ek my altyddeur op heiligmaking sal toelê en daarin verlustig. Ek weet dat sonde groei sonder dat dit doelbewus gesaai word, maar dat heiligmaking versorging nodig het. Leer my gevolglik om dit volhardend na te jaag. Heilig ook my voetstappe dat ek nie na plekke van sonde sal gaan nie.
Laat my leuse wees: Oral met U, nêrens sonder U nie!

Amen

Siener van Rensburg en die Boerevolk

Siener van Rensburg en die Boerevolk

by Prof. Johan Malan, Middelburg   [Note: Permission received to publish this article in full.]
Twyfelagtige profesieë oor ‘n broeiende konfrontasie tussen swartes en wittes in Suid-Afrika doen vir jare reeds die ronde. Daar was onlangs weer ‘n vlaag SMS- en epos-boodskappe waarin beweer word dat Nelson Mandela op sterwe lê en dat ‘n vreeslike bloedbad daarna sal plaasvind, waarin duisende blankes vermoor sal word. Hierdie gerugte kom van ekstreme Israelvisiegroepe af wat ‘n eiesoortige toekomsverwagting het.
Dié groepe glo aan die dwaling dat die blanke nasies direkte, biologiese afstammelinge van die tien stamme van Israel is, en in ‘n ewigdurende konfrontasie met die anderskleurige heidense nasies is. Israelvisiegroepe plaas hulleself in ‘n Ou Testamentiese situasie waarin God op verskillende tye openbarings deur middel van profete aan sy volk gemaak het. Hulle aanvaar nie die feit dat die Bybel klaar geskryf is en die volle raad van God vir die mens bevat nie. As gevolg hiervan is hulle vir buite-Bybelse profesieë deur selfaangestelde profete oop, en kan sodoende maklik mislei word.
Een van die sogenaamde “Boere-profete” wat steeds aangehang word, is Siener Van Rensburg. Hy het duidelik in sy denke ‘n vorm van vervangingsteologie gehuldig en dit het ook in sy drome en visioene neerslag gevind. Siener het die Boerevolk in die plek van Israel gestel – net soos wat die Israelvisie ook doen – en na aanleiding daarvan profesieë wat op Israel betrekking het, op die Boerevolk van toepassing gemaak. As gevolg hiervan het daar ‘n baie skewe en krom vertolking van eindtydse profesieë van hom af gekom – ‘n soort groot verdrukking in Suid-Afrika onder ‘n swart regering wat deur ‘n tipiese messiaanse figuur gelei word, iemand wat feitlik deur almal aanbid word.
Die Bybel is baie duidelik daaroor dat die Antichris in die eindtyd beheer oor Israel (die werklike volk Israel in die Midde-Ooste) en ook oor al die ander nasies sal kry (Dan. 9:27; Op. 13:5-7). Hy sal homself in Jerusalem tot God verklaar (2 Thess. 2:4), Israel se nasionale godsdiens afskaf (Dan. 11:31) en die aanbidding van alle mense opeis (Op. 13:15). Hy sal sewe jaar lank regeer (Dan. 9:27). Hierdie tyd word in twee helftes van 42 maande elk verdeel (vgl. Op. 13:5). Aan die einde van sy skrikbewind sal die Antichris deur Christus se wederkoms verdelg word (2 Thess. 2:8; Op. 19:19-20). Die fokusgebied vir hierdie gebeure sal Israel wees (vgl. Sag. 14:4-5,12-13) en nie Suid-Afrika nie.
Die Israelvisie het in die lig van hierdie profesieë tot die verkeerde gevolgtrekking gekom dat die Boerevolk vir ‘n tyd lank onder die dwingelandy van ‘n antichristelike swart regering sal staan, maar dat hulle ná 42 maande van dié regering se oorheersing bevry sal word. Dit het by baie van hulle die verwagting geskep dat die ANC-regering, wat in 1994 aan die bewind gekom het, vroeg in 1998 tot ‘n val sou kom. Daar was selfs die verwagting dat Mandela, wat toe staatspresident was en op ‘n buitelandse besoek was, in ‘n vliegtuigongeluk sou sterf en dat die waarnemende president, Gatsha Buthelezi, dan aan die bewind sou kom en saam met die Boere die land sou oorneem en regeer. Dan, het hulle gesê, sou oom Siener se profesieë oor die bevryding van die Boerevolk vervul word.
Volgens ander profesieë van Oom Siener sou die bevryding teen die draai van die eeu kom, m.a.w. in die jaar 2000. Daar sou ‘n nag van terreur wees waarin die Boere in opstand sou kom en deur die Here se hulp die juk van vreemde oorheersing afwerp. Een van die Israelvisie-ondersteuners het my uit Kaapstad gebel en verseker dat vroeg in die jaar 2000, met die geelperske-reën, die groot stakings sal begin wat die land sal lamlê, dan sal die verwagte bloedbad volg waarin die blankes uitgemoor sal word. Ek het hom verseker dat dit nie sal gebeur nie, omdat daar nie in die Bybel so-iets ten opsigte van “Israel” voorspel is nie.
Profesieë van Oom Siener en Johanna Brandt is egter deur sekere Israelvisie- én ander regse groepe aangegryp, en planne is gemaak om die regering onder meer deur terreurdade tot ‘n val te bring. Kos, medisyne en wapens is vir die stryd opgegaar. Nie alle Israelvisiegroepe het hierdie strategie ondersteun nie, maar het nogtans die hoop gekoester dat daar deur ‘n goddelike ingryping bevryding sou kom. Dit het nie gebeur nie, en hierdie verwagting wat deur buite-Bybelse profete geskep is, was grootliks daarvoor verantwoordelik dat van die Boeremaglede tot ‘n militante “bevrydingstryd” toegetree en in die gevangenis beland het.
Hoewel Siener se profesieë sedertdien baie van hulle geloofwaardigheid verloor het, is daar steeds Israelvisiegroepe wat al hulle geloof in sulke buite-Bybelse profesieë stel. In Mei 2004 het Dirk van Vuuren van die Dogter van Sion ‘n boodskap aan Nelson Mandela, die regering en die media gerig waarin hy profesieë aanhaal van God se oordele wat oor Suid-Afrika uitgestort sal word (onder andere verwoestende natuurrampe) indien die Boeremaglede nie uit die tronk vrygelaat word nie. Hy het die boodskap wyd per epos uitgestuur, ook aan my, omdat ek mense teen die Israelvisie waarsku. Direkte woorde van Jahweh word aangehaal, soos na bewering aan sy profetes, Linda Newkirk, die sg. “White Buffalo Calf Woman,” geopenbaar is. Hierin eis Jahweh dat sy volk, Israel, soos van ouds in Egipte, deur die moderne Farao vrygelaat sal word – anders sal Hy groot oordele oor die regering en sy mense uitstort. Niks het egter gebeur nie, en intussen het Linda Newkirk in onguns verval en word sedertdien as ‘n valse profetes beskou.

Die nag van die lang messe

Vir etlike jare reeds is Israelvisiegroepe besig om paniek in die land te saai deur valse gerugte dat sekere radikale elemente in die ANC/SAKP alliansie besig is om ‘n bloedbad te beplan waarin hulle alle blankes in die land wil uitmoor. Mandela word egter as ‘n gematigde persoon beskou wat sulke optrede sal teëstaan, daarom word daar na bewering net gewag totdat hy sterf voordat die bloedbad sal begin.
Hierdie operasie staan onder verskillende name bekend, onder andere Operation Uhuru, Operation white clean-up, en Night of the long knives (Nag van die lang messe). ‘n Artikel wat hieroor deur die Israelvisie geproduseer en ook na die webblad www.siener.co.za gepos is, is al by herhaling deur verskillende mense aan my gestuur – per epos, per gewone pos, per faks, en dit is ook al oor my hek in die tuin gegooi. Dankie, mense, ek het reeds daarvan kennis geneem maar stem hoegenaamd nie in die minste daarmee saam nie.
Hierdie mense maak ‘n groot ophef van twee van Siener se gesigte wat hy in 1915 en 1917 gehad het. In die een het hy gesien hoedat ‘n Suid-Afrikaanse swart leier wat wêreldbekend is, gewelddadig sterf en vir sewe dae in ‘n glaskis in staatsie lê terwyl roubeklaers van oor die hele wêreld hulle laaste eer aan hom bewys. Wanneer hy daarna begrawe word, kom daar vuur uit die graf op. Dit dui op die geweld wat dan teen die blankes sal ontbrand. Nelson Mandela word as die beroemde swart leier gesien wat sal sterf, en direk ná sy begrafnis in die helde-akker in Pretoria sal die geweld na verwagting uitbreek.
In die ander gesig het die Boere-profeet gesien hoedat mieliestronke by Johannesburg aan die brand raak. Volgens die huidige vertolking daarvan dui dit op onluste wat daar gaan uitbreek. In die gesig is ook ‘n klomp vaal witpensbokke op ‘n bult gesien, en dit word verklaar as Engelse wat met die Boere assosieer en saam met hulle staan. Hy het ook wilde makoue gesien wat uit die Ooste aangevlieg kom, en daar word gemeen dat dit op immigrante uit Oos-Afrika dui (veral uit Mosambiek) wat die land oorstroom en ook hier chaos skep. Verder verskyn daar ‘n lang ry assegaaie, wat gesien word as georganiseerde swart geweld teen die blankes.
Johanna Brandt het ook in 1916 ‘n visioen gehad waarin sy die groot slagting gesien het wat in Johannesburg sal begin, na Pretoria sal uitbrei en daarna na die hele land. Dit sal deur groot stakings voorafgegaan word waarin die hele land lamgelê word. Die vreeslike geweld wat sy in die gesig teen die blankes gesien het, het haar in een nag glo heeltemal grys laat word.

Wapens

Die Israelvisie kleur hierdie prentjie verder in deur na vergesogte bewerings oor die opgaar van wapens soos AK 47’s, plofstof en kapmesse te verwys, asook planne vir die vinnige vervoer van die moordenaars. Hulle sê onder meer in hulle wyd verspreide artikel: “Daar word beraam dat minibus-taxis tot soveel as 70 000 gewapende swartes binne ‘n uur vanaf die swart woongebiede tot in die middestad van Johannesburg kan vervoer. Groot hoeveelhede AK 47’s, ammunisie, handgranate en selfs brandbomme word snags in die geheim per vragmotor na opslagplekke in KwaNonqaba by Mosselbaai gebring. Dit vind ook by dorpe in al nege die provinsies plaas.” Waar is hierdie opslagplekke vir gevaarlike wapens en waarom is nog nie een daarvan in die afgelope paar jaar ontdek nie?
Spesifieke bewerings word oor die opgaar van duisende pangas (lang messe) gemaak: “Op ‘n vergadering op 27 April te Kameeldrift-Wes is die volgende aan ons meegedeel: Daar is ‘n hardeware-winkel in die Noordooste van Pretoria (die naam is aan ons bekend) wat die afgelope maand meer as 38 000 pangas aan swartes verkoop het. Party kom koop tot 20 op ‘n slag… Die oproep van die voorvadergeeste kom eerste vir die pangas. Nou begin hulle hulleself gereed kry. In ons gebied hoor ons nou ook gereeld die Afrika tromme in die nag.”
Hierdie berig is al ou nuus, en vir etlike jare reeds word die artikel versprei waarin gesê word dat daar die afgelope maand 38 000 pangas in een winkel verkoop is. Wanneer was hierdie “afgelope maand”? Dit beteken dat daar in een maand omtrent 1460 pangas per dag in net een winkel verkoop is. Dié “afgelope maand” gaan egter nou al jare lank aan!

Verdere paniek

Radikale Israelvisiegroepe is baie vindingryk en bekend daarvoor dat hulle allerlei nuwe gerugte bedink om hulle bangmaakstories lewendig te hou. Nadat Siener Van Rensburg se profesieë oor die einde van die eeu nie in die jaar 2000 in vervulling gegaan het nie, het hulle aan die storie van die Nag van die lang messe begin werk. Van toe af hou hulle Nelson Mandela se gesondheid fyn dop omdat sy dood volgens hulle na die skielike uitbars van geweld teen die blankes sal lei. In November 2005 het een van die moderne “Boere-profete” op ‘n joernaalprogram op Kyknet gesê dat die bekende swart leier waarna Oom Siener verwys het, teen die middel van 2006 sal sterf en dan in ‘n glaskis in staatsie sal lê. Dit het nie gebeur nie.
In Februarie vanjaar (2007) was daar ‘n SMS-veldtog waarin beweer is dat Mandela terminaal siek is en in ‘n koma lê. Hierdie gerugte het soveel paniek veroorsaak dat Mandela se blanke sekretaresse oor TV gesê het dat daar geen waarheid in steek nie. Mandela het in daardie stadium by sy vrou in Mosambiek vakansie gehou en was glad nie siek nie. Niemand weet wat die oorsprong van hierdie valse gerugte was nie. Dit sluit egter direk by dié van die Israelvisie aan, maar dit kan ook wees dat ander groepe die blankes wil skrik maak sodat meer van hulle die land sal verlaat. Baie mense het dalk al as gevolg van hierdie disinformasie-veldtog na die buiteland verhuis. Daar is miskien genoeg ander redes om die land te verlaat, maar hierdie samesweringsteorie kom uit bedenklik vertolkings van ewe bedenklike drome, en moet gladnie ernstig opgeneem word nie.
Daar is ook baie soortgelyke teorieë (conspiracy theories) in Amerika in omloop, en hulle het almal dieselfde tema van een of ander duistere sameswering deur geheime groepe om chaos te skep, regerings tot ‘n val te bring en groot getalle mense dood te maak. Daar is wél so-iets soos sameswerings om geweld te pleeg, maar iewers moet die streep tussen die werklikheid en vrye verbeeldingsvlugte getrek word. Daar moet darem harde feite wees om ‘n teorie te staaf.

Die rol van profete

Groot misbruik word van buite-Bybelse profete gemaak wat volgens hulle eie aansprake inligting oor die toekoms by die Here gekry het en dit dan aan mense bekend maak. Die feit is dat alle profetiese inligting wat die Here oor die toekoms aan ons bekend wou maak, reeds in die Bybel opgeteken is. Ná die jaar 95 n.C. toe die apostel Johannes sy gesigte oor die eindtyd op die eiland Patmos ontvang het, was daar nie weer profete van hierdie aard nie. Ons het van toe af die volle raad van God in sy Woord gehad (Hand. 20:27), en dit is die rede waarom geen verdere profetiese boeke of boodskappe sedert daardie tyd tot die Bybel toegevoeg is nie. Mense tree arrogant en aanmatigend op as hulle op direkte, buite-Bybelse openbarings van God deur drome en visioene aanspraak maak. Hulle soek ook altyd ‘n groot gevolg misleides wat hulle siening deel.
Dit is duidelik dat sulke mense se profesieë nooit almal uitkom nie. Hierdie profesieë is meesal só vaag en kripties dat hulle op verskillende tye en maniere vervul kan word. Baie spekulasie en verbeeldingskrag is nodig om te probeer verstaan wat die siener bedoel het. In elk geval is verskeie van Oom Siener se profesieë, veral dié wat aan tye soos die einde van die eeu gekoppel is, nie vervul nie.
Mense soos hy vat ‘n groot kans om hulleself as profete van die Here voor te doen nadat die Bybel klaar geskryf is. Selfs in Bybelse tye toe daar wél profete was, is hulle aan streng standaarde onderwerp omdat daar baie valse profete was: “As die profeet in die naam van die Here spreek, en wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat die Here nie gespreek het nie; deur vermetelheid het die profeet dit gespreek; jy mag vir hom nie bang wees nie” (Deut. 18:22). Daar moet geen ontsag vir sy profesieë wees nie.
Die drome en naggesigte wat mense het, kom gewoonlik uit hulle eie gedagtes. Persone wat baie oor die Bybel of oor die toekoms dink, sal natuurlik ook by geleentheid daaroor droom. Dit beteken egter nie dat die Here met hulle gepraat het nie. Indien hulle dit wel beweer, dan begewe hulle hulself in troebel waters. Die Here sê: “Ek het gehoor wat die profete sê, wat in my naam vals profeteer met die woorde: Ek het gedroom, ek het gedroom!” (Jer. 23:25). Proff. Walvoord en Zuck (The Bible Knowledge Commentary, bl. 1159) sê oor hierdie teks: “The prophets claimed that God had given them revelation in a dream, but their visions were only delusions of their own minds.”
Ons het nie die opdrag om drome en visioene te verkondig nie – net die Woord: “Verkondig die Woord; hou aan tydig en ontydig” (2 Tim. 4:2). Sommige mense (hoofsaaklik charismate) beroep hulleself op Handelinge 2:17 wat meld dat daar in die laaste dae mense sal wees wat gesigte sien en drome droom. Dit is egter ‘n profesie oor Israel (Joël 2:28) wat net gedeeltelik op pinksterdag in vervulling gegaan het. Die volle vervulling hiervan sal in die verdrukking wees wanneer “die son verander sal word in duisternis en die maan in bloed” (Joël 2:31). In daardie tyd sal die woord van die Here baie skaars wees (Amos 8:12), daarom sal Hy sy wil weer op bonatuurlike maniere aan sy voortvlugtende volk, Israel, bekend maak.
Ons hét egter die Woord van God en ook ‘n wolk van getuies oor die groot weldade van die Here (Heb. 1:1; 12:1). Dit hoef nie deur profete se drome en visioene aangevul te word nie. As ons die Woord van die Here ken, dan sal ons as mense van God volkome wees, vir elke goeie werk volkome toegerus (2 Tim. 3:16-17). Die profetiese woord in die Bybel sal ons pad verlig sodat ons sal weet waarop die wêreld afstuur en hoe die Here sy kerk uit die komende verdrukking sal red (2 Pet. 1:19). As ons ‘n profetiese bediening oor die eindtyd wil hê en mense wil waarsku oor die toorn wat aan die koms is, dan is ons slegs op die Bybel aangewese. Mense moet geleer word om Bybelse profesieë te bestudeer en reg te verstaan – nie die profesieë van ander mense nie.
Dit is opvallend dat die Israelvisie in hierdie bangmaak-artikel na Siener van Rensburg en Johanna Brandt se profesieë verwys, maar nie na Johannes, Paulus, Jesaja en Daniël se profesieë oor die eindtyd nie, en ook nie na die Here Jesus se profetiese rede waarin Hy baie inligting oor die tyd voor sy wederkoms gee nie. Dit is die hele rede waarom hulle op ‘n dwaalspoor is en hoogstens verwarring by mense kan skep. Wil hulle hê al die blankes in hierdie land moet nou aan ‘n selfopgelegde vreeskompleks begin ly en met bewing op Mandela se dood wag?

Die profetiese woord

Daar is groter probleme as die swart gevaar waarteen mense in hierdie land gewaarsku moet word. Daar is ‘n sondekultuur besig om oor die hele wêreld te spoel, en dit is teen sonde en verlorenheid dat mense in die eerste plek gewaarsku moet word. Mense se ongeredde toestand, die duiwel wat hulle verlei en versoek, hulle vleeslikheid, vormgodsdienstigheid en wêreldgesindheid, is die dinge wat hulle in ‘n donker put aftrek en na die verderf sleep. Hieruit moet hulle gered word, of hulle lewens fisies deur allerlei ander dinge bedreig word of nie.
As ons na gevaar wil kyk, dan is die heel grootste gevaar die komende verdrukking wanneer die Antichris ‘n skrikbewind oor die hele aarde sal voer (Op. 13:1-8). Die Here Jesus het gesê dat daar ‘n groot verdrukking kom soos daar nog nooit op aarde was nie, en as daardie dae nie verkort word nie, sal geen vlees gered word nie (Matt. 24:21-22). Saam met die waarskuwing oor die komende verdrukking moet egter ook die oplossing verkondig word: “Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan” (Luk. 21:36). Die Here bied aan sy kinders ontvlugting.
Wanneer ons profesieë uit die Bybel verkondig, dan kan alle mense daarmee identifiseer en ook die nodige stappe neem om hulle verhouding met die Here reg te kry. Dit sal ‘n positiewe gevolg in mense se lewens hê. Om egter twyfelagtige drome en visioene te verkondig oor sake wat nie eers in die Bybel genoem word nie, kan net verwarring en onsekerheid skep.
Die profesieë van Oom Siener, Johanna Brandt, Nostradamus en ander is nie God se woord nie, en dit sal nie help om geloofwaardigheid daaraan te probeer gee nie. In elk geval dui sekulêre gebeurtenisse in ons land nie op so ‘n bloedbad in die nabye toekoms nie. Die ANC-regering geniet die voordele van kapitalisme, die geld loop in dik strome deur hulle koffers, hulle huise word al hoe luukser en hulle motors al hoe blinker, hulle populariteit in die wêreld raak al hoe hoër, en feitlik daagliks is die wêreldbeker-koors vir 2010 se sokkerkampioenskappe besig om hulle beet te pak en ‘n blye verwagting by almal te skep. Wie wil nóú die ekonomie verwoes deur die gans wat die goue eiers lê, nek om te draai en die appelkar om te keer? Waarom sal die volksmoorde van diktators soos Hitler, Stalin, Idi Amin en Dingaan as ‘n oplossing nagestreef word? Hoe kan die swartes daarby baat, want die blankes onderdruk hulle nie?
Probleme waarmee daar wél rekening gehou moet word, is die morele verval soos die aanvaarding van homoseksuele huwelike, prostitusie, aborsie, drankmisbruik, dwelmmisbruik, korrupsie, geweldsmisdade soos aanrandings op vroue, kinders, bejaardes en gesinne op eensame boereplase, diefstal, inbrake en baie ander vergrype. Hierdie dinge is ‘n rede tot kommer, asook die feit dat die doodstraf afgeskaf is en moordenaars en verkragters geen vrees meer vir die gereg het nie.
Laat ons ons toevlug tot die Here neem en Hom vertrou om ons daagliks te lei, te beskerm en van die Bose te bewaar. Laat ons in heiligmaking toeneem en die Here Jesus verwag wat ons sal uitred uit die uur van beproewing wat oor die hele wêreld sal kom. Dit sal veel erger wees as vlamme wat dalk iewers uit ‘n graf sal opslaan om ‘n vlaag onluste in Suid-Afrika aan die gang te sit oor ‘n swart vryheidstryd wat reeds verby is.
NS. Vir meer besonderhede oor die Israelvisie, lees artikel:  Die Verbondsvolk Israel: Wie is Hulle?
———————–
Who was Siener van Rensburg?
Nicolaas Pieter Johannes “Siener” van Rensburg (August 30, 1862 – March 11, 1926) was a Boer from the South African Republic -also known as the Transvaal Republic- and later a citizen of South Africa who is seen by some as a prophet of the Boere (or Afrikaners). Therefore his nickname soon became Siener, which is Afrikaans for “seer” or “soothsayer”. His seemingly accurate predictions of future events were typically wrapped in religious patriotism.
The nature of his visions invariably concerned the welfare of the Boere and Germany and were experienced by him as visual imagery to be interpreted afterwards. When the image of the Sisal plant occurred in his visions, he for instance interpreted this as a portend of an important meeting, assembly or parliament. He is believed by some to have made many accurate predictions of local events, including foretelling the death of Koos de la Rey, a general in the Second Boer War, and the political transition of South Africa after his own death. At times his visions also concerned international events, among which the start of World War I and the rise of Communism. He was unable to interpret some of his own visions. These, written down, are still open to interpretation, and believed by some to pertain to future events.
He was born in the district of Potchefstroom. He only received 20 days of formal school training and spent much of his youth as a cattle herder. At age 16 he participated in a government expedition against the rebellious tribal leader Mapog. He settled near Wolmaranstad in the then western ZAR, and married Anna Sophia Kruger in 1884.
Participation in wars
Nicolaas van Rensburg participated in the second Anglo-Boer War under General du Toit. When time allowed, he then revealed the visions to those around him. He returned to his farm before the end of the war. When the Union of South Africa came out in support of the Allied Powers in World War I, Nicolaas van Rensburg joined the rebels. The rebellion received a fatal blow even before it started, when the influential general Koos de la Rey was accidentally killed on September 15, 1914. The rebellion petered out and most rebels, van Rensburg included, were eventually captured and imprisoned for two years.
After his release Nicolaas van Rensburg returned to his farm. His daughter recorded his continuing visions up to his death at age 64. The van Rensburg family cemetery is located 11 km from Ottosdal, in the North West Province.

ONTSTAAN EN ONTWIKKELING VAN DIE BOEREVOLK

ONTSTAAN EN ONTWIKKELING VAN DIE BOEREVOLK
JJG Smith
Die afgelope 360 jaar het in Suid-Afrika ‘n baie eienaardige, maar merkwaardige situasie ontwikkel wat die blanke betref.
Dit het begin met die verversingspos, wat hier gevestig is deur Jan van Riebeeck, wat sy lewensideaal, om terug te keer na die Ooste in diens van sy werkgewer, bekend as die Here XVII, as ‘n tussentydse stap beskou, om weer die guns van sy werkgewers terug te wen. Dit is en was nooit Van Riebeeck se gedagte of begeerte dat hier ‘n volksplanting moet plaasvind nie.
Die werkgewer van Van Riebeeck was baie liberaal gesind en die voorgeskrewe optrede van die plaaslike kommandeurs was dus ook baie liberaal. Verskeie kommandeurs het Van Riebeeck opgevolg, waarvan sekerlik die bekendste die baster Simon van der Stel was. Simon van der Stel het in werklikheid die stigter aan die Kaap geword.

Andries Hendrik Potgieter

Andries Hendrik Potgieter, leier van die tweede groot trekgeselskap wat die Kaapkolonie verlaat het, is op 19 Desember 1792 in die distrik Graaff-Reinet gebore as seun van Hermanus Potgieter en Petronella Margaretha Kruger. Later het hy in die distrik Tarka gewoon, waar hy ’n man van aansien was. Volgens die beskrywing van tydgenote was hy ’n groot man van oor die ses voet, sterk gebou en met ’n indrukwekkende maar vriendelike voorkoms. Sy baard en hare was donkerbruin met ’n rooi skynsel, en tot ongeveer middelbare leeftyd het hy sy hare om die kop met ’n rand geskeer. Volgens die biografie van Potgieter en Theunissen was hy meestal in blou molvel of swart laken gekleed en het in die week ’n breërand-strooihoed gedra, maar met plegtighede het hy ’n vaal hoëbol-keil gedra en ’n kort broek wat net onder sy knieë met silwergespes vasgehou is.
Hy was ’n man met ’n goeie insig in sake, en hoewel vriendelik en minsaam in die omgang, het hy geweet hoe om gehoorsaamheid van sy onderhoriges af te dwing.


Nog voor die winter van 1836 het sy trek in die omgewing van die Vetrivier aangekom. Hier het hy van Makwana ’n groot deel van die latere Vrystaat geruil. In Mei het hy ’n tog na Soutpansberg onderneem, Louis Tregardt daar opgesoek en ook ’n deel van die Portugese pad na die kus verken. Hy het toe al ’n plan gehad om hom in Transvaal te vestig en het die tog na die kus onderneem om voorlopige skikkings te tref met die oog op toekomstige handelsmoontlikhede.
In Augustus was hy terug by sy laer. Intussen was die voorposte van sy trekgeselskap deur die Matabeles aangeval en ’n aantal mense vermoor. By ’n tweede aanval – waarvan dit nie seker is of Potgieter die aanvoerder van die Trekkers was nie – is die Matabeles in die Slag van Vegkop verslaan. Die Trekkers het egter al hul vee verloor.
Bekend is hoedat Potgieter in Januarie 1827 saam met Gerrit Maritz ’n strafekspedisie teen Silkaats georganiseer en sy krale by Mosega in Wes-Transvaal in sy afwesigheid oorrompel het en ’n groot deel van die buit teruggeneem het. Potgieter en Maritz het egter rusie gemaak oor die verdeling van die buit en daarna blykbaar nooit weer op vriendskaplike voet met mekaar verkeer nie.
Intussen het Piet Retief se trek by die ander aangekom. Sy persoonlikheid het al die ander oorskadu, en toe daar in die winter nuwe leiers gekies is, is Potgieter, die leier van ’n aansienlike trek, wat intussen ook naam gemaak het deur sy skitterend geslaagde ekspedisie teen Silkaats, heeltemal oor die hoof gesien. Moontlik is dat daar toe al sprake was van na Natal te trek en dat hy hom nie verkiesbaar wou stel nie omdat hy hom in Transvaal wou gaan vestig. Hoe dit ook al sy, die Trek se eenheid was iets van die verlede. Piet Retief en Maritz is na Natal, terwyl Potgieter in die Vrystaat gebly het.
Eers sou daar finaal met Silkaats afgereken word. Saam met Piet Uys, wat hom intussen met ’n vry groot geselskap uit die omstreke van Grahamstad by die Trek gevoeg het, is in November 1837 ’n tweede strafekspedisie teen die Matabele-koning uitgestuur. Na ’n reeks gevegte wat nege dae geduur het, is Silkaats se leër verjaag en die hele Matabelesstam verplig om die wyk te neem oor die Limpopo. Hierdie skitterende wapenfeit van Potgieter is tot dusver nie voldoende beklemtoon nie. Ons moet onthou dat die Voortrekkers die Matabeles hier in hul eie vesting gaan aanval het, ’n vesting wat buitendien uitstekend gekies was. Hulle het ook geen laer gehad om hulle tot beskerming te dien nie, daar hulle die aanvallers was. Nogtans het die klein kommando van ongeveer 360 man daarin geslaag om die gedugte Matabele-koning met sy leër van om en by die twintigduisend man te verdryf. Wat die slag van Bloedrivier en die daaropvolgende geveg aan die Wit-Umfoloos vir Natal beteken het, het die oorwinning van Potgieter aan die Marico vir Transvaal beteken. Die gebied is bevry van ’n moorddadige dwingeland en oopgestel vir die blanke beskawing. Van die breë Suid-Afrikaanse standpunt beskou, moet ons ook nie vergeet nie dat Natal maar net ’n paar jaar in die hande van die Voortrekkers gebly het, terwyl daar in die gebied wat Potgieter geruil en verower het later die twee Boererepublieke verrys het.
Potgieter het meestal net blaam gekry vir die mislukking van die ekspedisie wat hy en Piet Uys teen Dingaan gelei het. Nooit word ’n woord van waardering geuit vir die opoffering wat hy hom getroos het om sy laers in die Vrystaat alleen te laat en die lang tog na Natal te onderneem om sy landgenote by te staan nie. Die veldtog teen Silkaats het getoon dat Potgieter nie ’n lafaard en ook nie ’n onbekwame aanvoerder was nie, al het hy as mens en as leier nie dieselfde vertroue as Piet Retief ingeboesem nie. Die nederlaag by Italeni strook dus nie met sy verlede as krygsman nie. Eerder moet die noodlottige afloop verwyt word aan die gretigheid van die volgelinge van Piet Retief om wraak te neem op die Zoeloes wat hul leier so verraderlik vermoor het. Piet Uys se mense het blindelings gestorm en sodoende in ’n val geloop. As Potgieter ook halsoorkop gehandel het, sou hy miskien as ’n held beskou gewees het, maar dan was die verlies aan menselewens wellig baie groter. Dit kan hom met meer reg verwyt word dat hy sy landgenote in Natal in die steek gelaat het toe daar groot gevaar van alle kante gedreig het. Maar ook hier is versagtende omstandighede aan te voer – die verwyte wat hy as oorgeblewe aanvoerder in die ongelukkige slag nou alleen moes dra, en die feit dat hy nooit enige heil in die Trek na Natal gesien het nie.
Na sy terugkeer uit Natal het Potgieter eindelik geleentheid gehad om sy plan uit te voer om na Transvaal te trek, en voor die end van 1838 is Mooiriviersdorp of Vryburg, later bekend as Potchefstroom, deur hom oorkant die Vaalrivier gestig. Die mure van Potgieter se huis is vandag nog op die plaas Witstinkhoutboom te sien. Ook ’n paar van die vrugtebome wat hy in sy tuis geplant het.
Intussen is Dingaan deur Andries Pretorius onderwerp, en in 1840 is ’n verstandhouding met Pretorius aangegaan dat die Adjunkraad van die Transvaalse Trekkers onder die oppergesag van die Natalse Volksraad sou staan. Hierdie feit dui ook aan dat Potgieter nie die eiegeregtige alleenheerser was waarvoor hy so dikwels aangesien word nie. Toe Natal egter in 1843 ’n Britse kolonie geword het, het Potgieter kommissaris Cloete in kennis gestel dat hy en sy volgelinge hulle nie gebonde ag deur die onderwerping van die Natalse Volksraad aan die Britse gesag nie. In 1844 is die Drie-en-dertig Artikels deur die Burgerraad opgestel, wat sedert 1842 die plek van die ou Adjunkraad ingeneem het. Van hierdie tydstip af is Transvaal dus ’n onafhanklike republiek.